close iframe icon
Banner

my grootste song dis eenuur in die more jy klop kopseer doef-doef of is d

my grootste song

dis eenuur
in die more
jy klop kopseer
doef-doef
of is dit hartseer...
refrein ou liedjies
s...
Read more

my grootste song

dis eenuur
in die more
jy klop kopseer
doef-doef
of is dit hartseer...
refrein ou liedjies
se soet
op my tong...
hoe kan ek jou mis
as ek jou nie ken
hier by my
om my nie?
die lewe bly
soos die druis
van see se gety
dieselfde vrae skrei
jy klop kopseer
hártseer
hierbinne my
die blink môrester
wil vir my
knipoog vertel
die maan se lig
flits op waarhede
waarvan ek
net in rem slaap weet
voor dit deur
my vingers val
ek mis jou
soos mens in 'n stad
veld en bossies
se reuk soek
bo-oor geboue
loer waar sak die son
dan vanaand...
die Stilte
(voor Mossie
'n padwyser
met dagbreek
uit volle bors
uitblaker)
maan my om
jou te bly soek
tot die dors in my
uiteindelik
saliglik
sy lêplek kry...
ek mis jou
jy klop soos
'n ou vriend se kuiers
kom maak vir jou
koffie
met my rooi ketel
ons drink in stilte
uit my seeumeeu
en vissersbootjie
bekers
met die lekker
groot ore
(ironies né,
dink ek,
as my eie so
toondoof geword het)
sit met jou voete
op my wingback
alledaags soos
karringmelkbeskuit
jy praat in raaisels
maar jou stem
is soos yskoue
bergwater
oor warm geswelde
voete
jy vertel my iets
wat klink soos
geskommelde
letters van die
alfabet,
tog kry dit
landingsplek
hierbinne my,
'n raaisel
in 'n spieël
down the rabbithole...
dis soos kyk na
'n skeef geverfde
portret
draai ek my kop
om beter te sien...
dan kantel hy
anderkant toe
soos 'n Afrika koor
wat van ver af aankom
begin
die son roep
hier's hy,
die see beaam
nee hier's hy!
die kwikstertjie trek
sy lyfie regop
sing sy skewe liedjie,
terwyl hy soos
'n akrobaat
op sy dun beentjies
balanseer,
hier's jou verlange...
jy klop dagbreek seer
hierbinne my
ek mis jou...
my grootste song
VM'17
Read less

Views

12
See all
It’s your time to shine! ☀️

Share photos. Enter contests to win great prizes.
Earn coins, get amazing rewards. Join for free.

Already a member? Log In

By continuing, you agree to our Terms of Service, and acknowledge you've read our Privacy Policy Notice.